Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tot hiertoe, het ek nog gehoop,
maar als is mankoliek en moeisaam
en ek wil skree en skree
-oor alles vergaan-
voor die felste teenstrydigheid
van ʼn voorheen werkbare beleid
waar menslike waardigheid -
nog ʼn dagloon kon betaal

my stem skeur skril die yl lug binne
maar laat omstanders onaangeraak -
iewers het medemenslike piëteit
doodgesmoor in hierdie bisarre stryd.

© C. Potgieter 2013-05-23



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gevolgtrekking
Sprakeloos-puik
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


gevolgtrekking
pragtig saamgevat Charmain :)
6 jaar 8 maande 4 weke 16 ure oud


*
Sjoe, dit is ongelooflik goed geskryf!
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


stryd
Ek beleef dit ook gereeld! Goed geskryf Charmaine.
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Stryd
Waar menslike waardigheid, nog 'n dagloon kon betaal!

Kners ook baie dae op my tande, maar berus daarin dat God regerings aanstel en oornag weer kan wegneem volgens sy wil.

Puik verwoord, en henalo!

6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud


Hmmmm
Ja, as dit nie so tragies was nie, sou mens daaroor kon lag!
Goed geskryf.
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


gevolgtrekking
En niemand wil luister nie of 'n geval van niemand so doof as hy wat nie WIL hoor nie. Goed neergepen.
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar