Gedigte

Titel: Geweef
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geweef met soveel liefde
presies, berekend, geometries
kleure sommige skel ander sag
vorm ‘n malse eenheid.

ure se beplanning
ure se meng en pas
ure se weef
ure se kleure afwissel

dis hoe hierdie persiese tapyt
wat trots hier onder my voete le
met liefde met trots
aanmekaar geweef is

terwyl ek in die moeder was
het Hy beplan, gemeet en gepas
besluit oor kleur my oe , hare
lengte van my bene , lyf , arms

en toe begin Hy weef
met klein presiese stekies
is my organe styf vasgeknoop
alles so presies
soos net Hy kon beplan.

vandag staan ek hier
fyn geweef na sy beeld
en net soos die mat hier le
om op getrap te word.
is ek ook ‘n trotse stukkie op
die rusbank van Sy voete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tapyt
wat n pragtige verwerking! Ek is beïndruk
8 jaar 3 maande 1 week 2 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar