Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dit is 03h30 in die oggend
ek sit met ’n naald en probeer die duiwel
se afgebreekte vingernael uit
my voet grou
gewetensverlamming is ’n retrospektiewe
hel waar onsigbare gordyne my oop oë
versluier

om presies 03h21 sak my
bloeiende voet grond toe
word die mat bevlek
gooi ek my kop agteroor
vlieg ’n halfdooie brommer by my mond in
skiet ’n kaper ’n vrou morsdood voor my huis
draai die buurman ’n kraan oop
word ’n koerant deur iemand se sitkamervenster
gegooi en ’n verrimpelde boemelaar in Hamilton
se liggaam deur ’n vlammehel
verswelg

ek tel my voet op
en grawe verder



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Liewe ouers, anders, hard, treffend, stunning!!!!
5 jaar 2 weke 1 dag 7 ure oud


Verlamming
...want ons kan niks aan al die sake verander nie, net die voet.
Uitstekend bedink!!
5 jaar 2 weke 4 dae 9 ure oud


verlam
Ja, ek dink ons ly almal aan hierdie verskynsel - ek dink ons skakel af, want ons kan nie meer al die pyn en lyding hanteer nie - en dis eintlik verskriklik. Uitstekende sosiale kommentaar en BAIE goed geskryf.
5 jaar 2 weke 4 dae 14 ure oud


Hmmmmmmm
En terselfdertyd gebeur miljoene ander dinge...
Elkeen moet maar doen wat op elke oomblik vir hom/haar die prioriteit skyn te wees. 'N gewete kan ook net sóver strek.
Goed geskryf, dink ekke.
5 jaar 2 weke 4 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
waarlik n grootse en gripping vers.
5 jaar 2 weke 4 dae 16 ure oud


gewetensverlamming
"ek sit met ’n naald en probeer die duiwel se afgebreekte vingernael uit"

3 in die oggend, en ek lees die gedig nou, ek se, die beelde wat jy skep loop nooit kort om my te verras. Soos altyd, van die beste Afrikaanse dig kuns wat ek nog ooit gelees het.
5 jaar 2 weke 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar