Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om ‘n gedenkteken op te rig skryf ek hierdie woorde oor ‘n besondere man,
kommandant Gideon Scheepers, tereg gestel in brutale nalating van die wet,
wat deur die Britte gesien was as ‘n rebel en partisaan

en hulle het hom sonder enige ordentlikheid of respek behandel
toe hulle hom in die veld gevange neem as ‘n siek man.
Kommandant Gideon Scheepers, tereg gestel in brutale nalating van die wet,

het homself bewys by die slag van Magersfontein voor
hy meer manne vergader het, trein spore weg geblaas het,
toe hulle hom in die veld gevange neem as ‘n siek man

wat opgetree het teen gewapende swartes,
hulle gestop het van rooftogte op plase, verkragting, moord,
hy meer manne vergader het, trein spore weg geblaas het,

het die Britte hom tereg gestel, met ‘n vuurpeloton
‘n dapper man wat geskiet is, wat vreesloos opgetree het,
hulle gestop het van rooftogte op plase, verkragting, moord,

en hulle het hom in ‘n ongemerkte graf ingestoot, nogal nalatig.
Om ‘n gedenkteken op te rig skryf ek hierdie woorde oor ‘n besondere man,
‘n dapper man wat geskiet is, wat vreesloos opgetree het,
wat deur die Britte gesien was as ‘n rebel en partisaan.


[Verwysing: Die heldhaftige verhaal van Gideon Scheepers gedurende die tweede Anglo-Boere oorlog, wat gevang was terwyl hy siek in die veld was as ‘n normale stryder, maar behandel was as ‘n rebel en tereg gestel is deur die Britte wat hom in ‘n ongemerkte graf begrawe het. ]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar