Gedigte

Titel: Gister
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


gister is nooit verby
dis elke dag
want vandag is môre gister
en dis elke dag vandag

gister stop as aand begin taan
so sê ons vandag
maar dan word gister eers gebore
anders sou gister nooit bestaan

gister se hartseer
stap saam na môre
dit ís vandag
en elke volgende dag se oormôre

so gister is vir ewig
in die toekoms opgesluit
ons sal gister nooit ontsnap
môre is gister se buit

lewe dan vandag
en elke dag
só, dat gister môre
net mooi herinneringe hou




Sidney E. Cloete




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gister
Nogal waar wat jy sê
Koekoe
10 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


Die sal more se herhinneringe soet maak. Dit het my aan die dink, en dig wat my laat dink is mooi. Vir hoeveel dae was jy deurmekaar na die tyd?
13 jaar 2 weke 21 ure oud


Div
Gister
Sydney,
baie goeie stukkie werk, doen so voort!
Div
13 jaar 5 maande 1 week 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar