Gedigte

Titel: Gister
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kruip terug
op ou voetpaaie
van onthou
waar dae ingekleur was
in oranje, wit en blou

probeer om die hunkering
van my hart
in strate van weemoed
op te spoor,
maar my hoop
het ek iewers
in hierdie donker verloor
en ek tas rond
tussen toktokkie-aande
en ure se speel
of kafee toe loop
in ʼn wêreld
eenmaal vry -
toe kinders
nog kinders was

maar gister verskroei
in my soekende hande
tot swart verbrande as...

© C. Potgieter 2013-07-02



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gister
Uitsteken geskryf
6 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


Gister
Pragtig! Sommer in die eerste reël kon ek voel "alles kom tot niks", en jy het enduit goed by dié tema gehou.
6 jaar 8 maande 16 ure oud


Gister
Uitmuntend! Bravo! Jinne Charmain dis fantasties verwoord, Ek kruip terug op ou voetpaie van onthou, wow dis vir my so goed geskryf NOG een ver jou gedig vertoonkas
6 jaar 8 maande 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar