Gedigte

Titel: (g)las
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die nag breek
in veertien gestaltes voor my oop
’n wond gapend
soos ’n kraakvars mond openbaar
die syn van gesigte wat met die afskeid heen
gewigtige defekte aan
bloeiende polse
hang

die uitgang is ’n skudding wat
bevele in die Kanaan van my beswyming
vestig

as die gedierte tog net wil ophou om my
met sy sieklike tong
te vertroos

oplaas
vloei beheersing na die maalkolk
van glas

gegiet soos my verstand wat
brommers lok


© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
Hi Tertius.
Ek hou hiervan...
(dis effens makker as meeste van jou ander donkerwerke).
Veral die 3de laaste strofe is goed)
5 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


glas
Sjoe, sjoe! ek haal my hoed af vir jou gedig.
5 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


glas
diepsiel eina woorde hier gepen
5 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud


Donovan Smith
Donovan Smith
kommentaar
jou skrywes is seker die diepste en beste vir my. maar niemand lewer omtrent kommentaar daarop nie...?!

hou aan skryf. jou talent is enorm.
5 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud



Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar