Gedigte

Titel: Glasstukke
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Lewe breek soos glas
splinters spat
dit wat was
dit wat sal wees
stukkend

Daar is stukke wat sny
daar is stukke wat blink
daar talle kleure
talle vorme
sonder maats

Glasskerwe en splinters
dit sny diep
dit maak seer
elke liewe keer
net dieper

Dit wat mooi was
dit is weg
Die trots die mooi
stukkend, flenters
net sommer niks

Tog is daar hoop
klaar met bloed gekoop
die kunstenaars siel
bly nooit verniel
'n kunswerk wag

God neem die glasskerwe
asof met die hand gekerwe
maak hy die siel heel
as sy Skeppings deel

Die stukke en flenters vergete
'n pragtige mosaiek word gevorm
'n siel gelouter tot kwaliteit
met niks meer pyn







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

glasstukke
pragtig ,vriendin.ek is nou nuut op hierdie uitdrukkingspad en reeds geniet ek dit vreeslik..
12 jaar 1 maand 1 dag 22 ure oud


Dit is 'n lieflike gedig,
God skraap al die stukkende glasstukke bymekaar en maak die mooiste mosiaek daarvan. :)
12 jaar 9 maande 6 dae 20 ure oud


Amen op hierdie gedig en op Mefri se kommentaar!
12 jaar 9 maande 1 week 9 ure oud


asof met die hand gekerwe

Ans, hierdie woorde het my diep getref - Hy laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom dien.
12 jaar 9 maande 1 week 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar