Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God gee Luanda ‘n was

Na ‘n uit-ge-rek-te droogte.
Die stof en smoorhitte -
ingegroei in groef en grein en
halstarrig weier om te verdwyn.

DAAR – met eerste sein
flikker die flitsende donder.
Verjaagde vliee en hond,
verdryf na skuiling.
Krom gebuigde oumens lyf,
Wat langsaam sy weer- pyne vryf.

Stilte – afwagting – iets aan die kom.
Sintuie vertel van oorhoofse wonder.
Wolke-kook en braak en stort
- oorvloed van water versamel.

Reuke ontploffend, stof ontmoet met water.
Lank afwesig vriende groet
Vermenging met mekaar tot modder.

Die wag, op die afbeen stoel.
Skuil onder sy ou speek-sambreel.
Dit keer water van sy voorkop,
maar los drup-spikkels op sy skouers.

Blikke, plastieksak en papiere.
Gemors die riool van mens bestaan
Vloei padlangs – in afval riviere.
Tot waar dit nie verder kan gaan.

Kinders, kaalvoet en kripeerend.
Herleef, jubel uitbundig in die gietende reen.
Speelskuite dobberd, drywend,
ontvoer hul na die idiliese heen.

Opgetofte senhora, se neus is gewip.
knyp Designer-skoene vas in haar hand.
Gister se Vogue, ‘n kappie vir haar kapsel
Grootbekkig skel sy die onverdiende gawe.

Afgestof en verfris staan Luanda
Rain-drops die geur van sy cologne.
Opgetof en skoon gewas.
Courtesy van ons omgee Vader.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het hierdie gemerk as een van my gunstelinge. Dit is vir my pragtig geskryf en ek sal dit weer en weer lees.
Groot groete,
PM
11 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 11 ure oud


Manjifiek, die skildery wat jy hier skilder. Dankie vir die reën.
11 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar