Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons struikel soms,Ons dra soms swaar,
maar al kan jy Hom nie sien nie, God is altyd daar.

Hy loop saam ons deur die reen,
en die storms van die lewe,
maak nie saak wat ons verkeerd doen nie,
Hy sal ons altyd vergewe.
Soms kan ek nie meer verder loop, dan voel ek Sy hande:Hy dra my,
Hy hou my veilig, Hy gee my nuwe hoop.

Net soos God orals is, so is die duiwel ook
Hy steel jou goedheid, jou selfvertroue
en leer jou van drank, dwelms en ander dinge ook!
Dan daag God weer op in jou hart,
vergewe jou slegte besluite, en stoot die duiwel weg!

Soms blameer ons God vir die nare goed wat met ons gebeur,
Maar die feit is, dat jy en jou keuses alleen, dit kon keer!
God kom nie om ons seer te maak of ons in die rug te steek,
Hy kom om ons harte heel te maak,
nadat die duiwel dit in stukke breek!

Wees bewus van wat daagliks om jou gebeur,
en sien dat God rotse oppad na jou toe,
dadelik afkeer.
Hy het jou sooo lief dat Hy toelaat:
dat jy jou eie besluite mag maak,
Hy bly lief vir jou, ALTYD,
of jy wegdraai van Hom of nie,dit maak nie saak.

Hy vergewe jou oor en oor en hou jou net stuiwer vas,
Sodat die duiwel jou nie weer kan steel,
of kan bêre is sy donker tas!
Gee aandag aan Die Een wat jou optel wanneer jy val,
Want Hy help jou uit die dam uit, weer veilig op die wal.

Soos die reenboog altyd opkom na ’n groot storm,
So ook, sal die goeie altyd opkom en kleur in ons lewens in bring, na donker tye.

So dank die Heer vir Sy goedheid en genade
Want dis Dit wat ons weghou van alle gevare!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar