Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My kind kom vandag na My
Ek maak jou van jou sonde vry
Vat my hand en volg my nou
Ek is regverdig – Ek bly getrou

Kom uit die sonde wat jou onder druk
Laat Ek jou tot die werklikheid ruk
Hartseer en om alleen te wees
Is verby – Ek gee jou My Gees

Ek wag vir jou – gee my jou lewe
Ek wil jou van jou sonde vergewe
Maar jy moet die eerste stap gee
Om te kom op die regte weë

Dit is maklik om my te vind
Roep net my Naam my Kosbare kind
En Ek haal jou uit die dood
En gee jou die lewende woord

Maak net jou oë toe en begin bid
Doen dit nou – net daar waar jy sit
Moet nie skaam wees nie – gaan nou voort
Hier is nog plek vir jou aan boort

Here, hier is my lewe
Dankie dat U my nou vergewe
Ek maak die deur nou oop
U kan net in loop

Ek nooi U nou in
Om met my nuwe lewe te begin
En neem U aan as my Heer
Al is dit die hoeveelste keer

Kom woon in my hart
Verwyder hierdie sonde smart
En gee my ‘n lewe nuut
Om saam met my God te geniet

Ek wil gereed wees as U my kom haal
Ek weet U het vir my die grootste prys betaal
U het vir my aan die kruis gesterf
Sodat U my in U koningkryk kan bederf

Maak my lewe silwer skoon
Sodat U daarin kan woon
En vir die bose geeste wil ek sê
Ek wil jul nie langer in my hê

Seël die gebed onder U Bloed
Om satan se vuil kloue te verhoed
En skryf my naam in die boek van die lewe
Sodat ek ‘n hemelse woning het om na te strewe

My kind, lees nou My woord
Daardeur word jy Geestelik groot
Vat die gedig en bid dit elke dag
En Ek sal jou gee die lewens Krag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mooi so!! n Bekeringspreek in n pragtige gedig - met die versekering van die Beskerming van die Bloed en die Ewige Lewe

Pragtig Kobus !! preek die Goeie Nuus
13 jaar 4 maande 1 week 5 dae 6 ure oud



Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar