Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy kyk terug na die verlede.
Het die stryd in jou bedaar
en is die vuur in jou geblus?
Spreek jy tot My met vrede?

Tussen die reëls verdwaal,
luier daar gedagtes wat pla,
diep binne in straf jy jouself
en jy voel magteloos verlore.

Ek lees jou woorde van seer,
woorde wat dubbelsinnig is,
die woorde vertel My meer
en Ek lees dit keer op keer.

Ek lees woorde wat jou verraai,
hoe jy voel oor jouself, verworpe,
jou siel smag na heelwat meer.
Ek nooi jou na 'n ewige vreugde.

Jy dink jy het liederlik gefaal
maar jy verstaan nie My taal!
"Kom na My en ek sal jou red!"
Dis wat Ek eintlik aan jou wil sê.

27/01/2015 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Antwoord
Diep en baie waar.

Dit is werklik stof tot nadenke.

Goed geskryf Casper.
4 jaar 11 maande 4 weke 23 ure oud


Antwoord
En dis AL wat eintlik belangrik is!!

Jou gedig praat met die hart.
5 jaar 1 dag 5 ure oud


God se antwoord
'n Diep gedig, dit is sinneloos om oor die verlede te wroeg, maar tog kry dit nie altyd reg om die verlede eenkant te sit nie
5 jaar 4 dae 16 ure oud


antwoord
ek beaam Tk. Ons sleep so dikwels 'n vullissak met ons saam plaas daarvan om dit net neer te sit.

Uitmuntende werk As, jou Geestelike gedigte staan altyd vir my uit!
5 jaar 4 dae 23 ure oud


God se antwoord
As dit nie 'n werk is tot inkeer nie dan leef ons verseker in die Eindtyd.
5 jaar 10 ure oud


God se antwoord



Welgesê my vriend!
5 jaar 11 ure oud


taal
Casper hierdie is n top werk
5 jaar 11 ure oud


antwoord
Baie mooi!
5 jaar 11 ure oud


TK
God se antwoord
Absoluut monumental - hoe dikwels leef ek self nie in die verlede se seerkry nie. Dis asof mens daardie oomblike koester pleks om net vorentoe te draai en te leer uit ons foute.
5 jaar 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar