Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God se plan vir my is tog so mooi
God sê dit gee my ’n hoop so mooi
Hoop vir ’n beter toekoms en uitsien
Na al die mooi wat God se lewe my bied

Ek kan gaan deur diepe waters
Ek kan gaan deur storm see
God se plan vir my is daar
om my hoop te gee

Ek weet dat wat ek deurgaan
God weet daarvan en hy het ’n plan
Daarom kan ek rus
In God se plan vir my, dis gewis

Soms ervaar ek hartseer en pyn
Soms is daar vreugde so bly
Die lewe gee soms onverwagse en snaakse draaie
Maar God se plan is altyd daar vir my

Hy sê dit in Sy woord, die Bybel
En Hy is nie mens dat Hy sal lieg
Of mensekind dat Hy sal verander
Maar Almagtig God wie se woord en karakter nooit verander

Daarom kan ek rus en glo
In God se plan vir my
’n Plan wat my roep
Tot ’n dieper gemeenskap en ervaring
Van God se teenwoordigheid in my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar