Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Robelle, Voël, Kat en Liefie,
ek skryf hierdie briefie
om my dank uit te spreek
oor die onvergeetlike naweek
van die eerste Mei.
Dit was lekker verby.

Daar was
die ontbyt
op Wimpy
se voorstoep;

die besoek aan
Graskop vir
heerlik gevulde
pannekoeke;

God’s Window
en
Wonder View
se misterie;

Bourke’s Potholes
waar die digter
lafenis kan kry
vir sy siel;

Mac-Mac
Watervalle
se pragtige
natuurskoon.

Vanaf die eerste indrukke
tot die laaste vaarwel waar
die bussie ‘n mens optel
het jou gasvryheid
behoorlik gesprankel,
Robelle.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Is daar dan 'n verskil tussen gee en ontvang? ek glo nie. Dit wat jy ontvang het jy reeds gegee.
9 jaar 8 maande 3 weke 5 ure oud


Dit klink wonderlik, wow, en dis die mooiste plekke...drool...drool, voel skoon jaloers, dis my geliefde omgewing ook, sjoe. Pragtig Stelliepel!
9 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud


Ai, Stellie!! dit was 'n groot plesier
dat ons die naweek so kon vier
en gedagtes met mekaar kon deel
jou vriendskap beteken vir my soveel!
en nou lek my oë alweer
weet net, dat ek die gedig waardeer!
mwah!


9 jaar 8 maande 3 weke 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar