Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hoor jy my stem oor die see
stem wat my hartstog weggee
golwe van gister voer my weg
verlangetrane waarteen ek veg

roep ek na jou oor die oseaan
jy wat my alles my ek verstaan
hoor jy my hele wese na jou vra
woorde op seewinde weggedra

my siel soekend waar is jy nou
n laaste asemteug van begeer
om jou nog vir laas vas te hou
hoekom so o hoekom my Heer

branders wat stil rol en breek
seesout in my stukkende hart
soos diep dolke steek en steek
branders spoel oor seer en smart

n honger seemeeu wat neer duik
in my diepste donker stukkende kruik
soos rots en skulp nie saam werk
was seesandliefde toe nie so sterk

kan ek op ruwe water na jou toe loop
jou vergete gedagtes wakker maak
geld soos seesand kan nie liefde koop
waar loop ek weer n meermin raak

wat wil jou stille woorde vir my sê
wil jy n ander neptunus vir jou hê
my stem eggo seer na my t’rug
die wydheid van see sonder brug

hierdie rotse sand en gladde see
het ons soveel tyd saam gegee
nou alleen aan koue sand vasgeknel
net Hy ken my pyn en seesout hel

oor golwe wat kom en dan gaan
my sagte fluister oor golwe heen
seebries vasgevang in enkele traan
jou seesandliefde net vir my geleen

ek groet jou dan my meermin godin
trane was baie maar genade min



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
n vers vol potensiaal
3 jaar 6 maande 1 week 1 dag 19 ure oud


golwe van seer
Mens kan die diepgekloofte merke sien en die rouheid in jou seer voel, dis mooi
3 jaar 7 maande 1 dag 20 ure oud


golwe
Mooi beskrywing hier gebruik. Goed gepen
3 jaar 7 maande 2 dae 8 ure oud


Golwe
Pragtig
Na my persoonlike mening is dit effe lank.
Maksimum vier reels behou die leser se aandag.

Doen so voort
3 jaar 7 maande 2 dae 17 ure oud


golwe
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die Water projek
3 jaar 7 maande 2 dae 17 ure oud


meermin
Wow dis pragtig. Dis lieflik.
3 jaar 7 maande 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar