Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

GOURITZMOND (07/01/2006)

dis ek en jy teen die wereld daarbuite
maar soms voel ek asof jy ook deel is van die koue winde wat om my huisie huil.
my hart voel somtyds so lig soos die wit skuim wat op die golwe ry maar ander tye voel ek soos die rots waarteen die skuim verdwyn,
swaar
hard
eeue oud
koud en alleen.
here, waar is u in my gouritzmond huis?
of staau u buite en huil?
verstaan u?
is die wonder wat my ouers dra ‘n verskoning?
sontyds voel ek soos ‘n buitestaander wat afluister.
ander kere voel dit asof ek self die wonde veroorsaak,
dis snaaks hoe elke dorpie hier onder by die see sy eie persoonlikheid het,
gouritzmond is soos ‘n slapende skoonheid, die mense is half bang om te veel in die toekoms in te wandel.
vleesbaai is soos die toegesluite spenskas, niemand wat nie hul vleis verdien is welkom.
stilbaai is anders, amper meer kaaps as die res.
my hart is ver weg…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gouritzmond
Blanche jy is veronderstel om vakansie te hou hier by die see en nie te staan en verlang na iets of iemand nie. Die see en die Kaap is te mooi daarvoor.

Ek het jou werk geniet veral omdat ek die wêreld so goed ken en omdat ek dink ek die emosies wat jou op daardie tyd oorspoel het op 'n manier verstaan.

Miskien moet jy een jaar die Kaapse Weskus probeer. Ek wonder wat dan uit jou pen tevoorskyn gaan kom.

Lynx
13 jaar 3 weke 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar