Gedigte

Titel: Grafstene
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy het onherroeplik stil geraak
partykeer hoor ek nog eggo's
van jou warm liefde
in my koue hart
en jou dinasourus woorde
vloei soos kwik deur my are

ek probeer jou agterlaat
maar jou gesig
vorm skaduwees
en telke male wink
die herinneringe my
terug na die verlede

dan dwaal ek rond
in ons kerkhof
en rou ek
omdat ons albei grafstene is



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

sjoe ek gaan nou iets sterker moet gaan kry om te drink die rooiwyn doen dit nie meer nie!!! Baie mooi een Patsy
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


Baie goed geskryf. Jy't die hartseer tussen woorde laat sit.
5 jaar 9 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Uitstekend!
5 jaar 9 maande 2 weke oud


Grafstene
Baie goed geskryf.
5 jaar 9 maande 2 weke 21 ure oud


Ek's mal hieroor!
5 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


Grafstene
Duidelike emosies goed beskryf!
5 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


awesome gedig!Met rou emosie en besef en behoefte.
soms so sonder dat ons wil skryf ons in liegfde ons eie en mekaar se grafskrif....En sad,soms skryf ons dit eerder as om effort in te sit...as om te luister....Vir die gedig kry jy**********
5 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud



Van ons Premium+ lede

vir koeitjies en kalfies

deur DMJR

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar