Gedigte

Titel: Griekwa-jy
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vreemdeling in ‘n vreemde dorp, kruie ek deur die hoofstraat
Stof, son en wind veeg oor my gesig, stille siesta wat als wat lewe, sis.
‘n Donkie kar wat lui-lui voor my aan-slak, hoewe wat mekaar stil napraat.
Twee mans en ‘n kleintjie, verweerde leer , en ‘n haasbek op die kis.
Sak meel, dalk twee, skrefies my oe stil, boerbok en hoenders
Die stilte zoem skril deur my ore, vanwaar ek stil staar na eskaders van niks.
Stram bene, van afstande wyd en ver, wyl ek uitklim in die stof
My verstomming is eg, hoor ek langs my die smader wat blits.
Vaaljapie in sy kop, skreeu skril ‘wag ek ga’ saam!’ waai hy grof.
In die deinsende verdwyning kom die psalm luid en wenend
‘Hallo vriend het jy kom kuier?’, lag haar kraal-ogies
Ek sak my kop eerbiedig, dis hoe dit hoort en neem haar ou hand bewend.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Griekwa-jy
Jibsem goed geskryf!
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Oi joi joi ... joi joi!!!
Antjie Patat net ek toe herstel van 'gebroke' woordhart - kom steel jy die gelapte enetjie wragtag weer met hierdie woorde!!!
5 jaar 10 maande 4 weke 16 ure oud


Antjie, pragtig. meraai kan dit maar skaai, dit beeld jou prentjie wat jy beskryf het mooi uit.
a.
5 jaar 10 maande 4 weke 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar