Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met woeste gebare en wuiwende hand
Verduidelik jy jou storie, land en sand
Vertel jy van alles en nog wat
Luid en teatraal dat die spoeg so spat

Niemand kry `n spreekbeurt as jy begin
Aanhou en aanhou, dan weer bietjie versin
Groter en langer en hoër jou beelde
Luukser jou ingekleurde weelde

Jou gesig die toonbeeld van die leuens wat jy bemin
Blinkend jou oë as jy die waarheid uitdun
Bietjie meer om jou storie op te blaas
Jou woorde skril, raas, raas raas…

Bly eerder stil en gee ander `n kans
Daar is tog duidelik iets soos balans
Luister mooi wat ander het om te deel
Hulle woorde is soos goud en met waarde verseël



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Grootprater
Ken ons nie almal maar iemand wat kan aanhou soos "replay" nie? Tragies dat sulke persone dink hulle met respek opgeneem word en die teendeel die waarheid is. Dis baie belangrik om te kan luister ook. Mooi neergepen.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


grootprater
Haha en gewoonlik glo hul die storie self. Baie oulik.
5 jaar 8 maande 4 weke 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar