Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Bewoë by kruispad stil gestaan,
stom, aandagtig geluister,
maar die tyd was nie ryp -
vir die Heilige Gees,
om regte weg te fluister.

Sy’t aanhoudend bly roep
vir sus en rus vir haar siel,
maar die wind het gedwarrel -
en haar warboel woorde.
met sy skrilfluit verniel.

Sy’t asemsnak gesmag,
na suiwer teue van vrug,
maar haar voete verbrand -
waar sy trippelend trap,
op harde houtskool brug.

Sy’t Sy sweefhand beleef,
wat sag haar siel aanraak,
die korrekte weg uitwys -
so sal sy dan voortreis,
na waar sy, Sy vrede smaak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kruispad
tien goue sterre vir jou evelyn
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


Haar Kruispad
Kruispaaie lei altyd na nuwe horisone toe.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Z
Skitterende gedig van volmaakte vrede
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


kruispad
Lieflik!!!
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Kruispad
Uitstekende werk. Hou baie hiervan!!!
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


Kruispad
Dis die heel, heel beste om stil te raak en te wag vir hierdie fluistering . . .
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Kruispad
Altyd 'n fees om sulke skitterende werk te lees. Puik!
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


***
Goeie werk, Evelyn.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Kruispad
Soms is die meeste van ons te ongeduldig om te wag vir die antwoord .....
maar as jy wag, word jy jubelend beloon!
pragtige werk
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Kruispad ...
Hou veral van die laaste strofe
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


haar kruispad
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


Sweef
Sy’t Sy sweefhand beleef,
wat sag haar siel aanraak, ---- Pragtig verwoorde gedig Evelyn
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar