Gedigte

Titel: Haikou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Fyn silwerstrome
vonkelend, weerkaats die terg-
liggies in jou oë.

----------

Rooi herfsblare val
Saggies op die donker grond -
soos my trane rou.

----------

Koud soos winterreën
is my siel nou sonder jou -
verlies laat my stom.

----------

Waterdruppeltjies
skitter in die moresôn –
liefde beantwoord.

----------

Sonstrale val warm
oor die bundel op my skoot –
inspirerend woord.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

heerlike haikoe's
10 jaar 8 maande 5 dae 2 ure oud


ek lief haiku seker meeste.
het hierdie geniet.
a.
10 jaar 8 maande 5 dae 4 ure oud


Hou van... !
10 jaar 8 maande 5 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar