Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Sonskyngeel, rooi en pers
blokkies dooie lap van gister
verwerk in lewenspatrone
‘n gekoekte strooikussing
en ‘n lappieskombers

Klein vreugdes verdor
in garingdraad gras
vergaan in ‘n verweerde
sonverbrande perdehaar matras
tot droë poeierstof van wat eens was

In die halfwoestyn
rus gisters se skadus
soos dakvlermuise
onder boombas van vergeet
net om weer terug te keer
gedagtes droog te suig
jou lap vol gate te vreet

Knip jy nog net eenmaal
‘n lap - kaktusblomme
Turksvygeel rooi en pers
vir die sonverbleikte matras
‘n Lappieskombers van liefde
en ‘n omgee strooikussing
om te pas



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Halfwoestyn

"..In die halfwoestyn
rus gisters se skadus
soos dakvlermuise
onder boombas van vergeet.."

die staan vir my uit in hierdie uitsonderlike gedig..pragtig!
4 jaar 1 week 6 dae 21 ure oud


half woestyn
Pragtige beskrywing
4 jaar 2 weke 5 dae 9 ure oud


Halfwoestyn
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 2 weke 5 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar