Gedigte

Bladsye:
Titel: Hande
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Senuwee stuur ‘n sein
Die liggaam is vol in pyn
Sein galoppend vinnig tot die brein
Boodskap lui – daars grote pyn
Waar, waar is tog die pyn
Vra die pyn moë brein
Terug kom die kloppende sein
Weet nie heeltemal presies
Maar die pyn maak vies
Dit kan wees in die rug
Kan wees in die been se murg

Terapeutiese genesende hande
Druk aan die lyf se wande
Druk bietjie hier
is dit seer hier
Voel bietjie daar
is dit seer daar
Oouutch!! Ja, net waar
Die pyn is daar
Nou word aanhoudend gevryf
Stokstyf spier op rug se lyf
totdat hy sag word soos pap
voordat jy by die deur uitstap

Dankie Vader vir die hande
Genesende kundige hande
Wat vryf die lyf wande
En breek die stywe bande
Dankie Vader in die Hemel
Genesing die pyn seine wat wemel
Die liggaam gestort in erge pyne hel
Danksy hande nou weer herstel en wel

Ek het bogenoemde geskryf nadat ek ses weke moes le nadat ek 'n vraktuur van 'n rug werwel opgedoen het weens verbrokkeling van die been struktuur en in erge pyn verkeer het.

12 April 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hande
Daardie alles oorheersende pyn...en dan....sag strelende hande. Geseende hande.
Sterkte vir jou.
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Hande
Ken ek nie ook daardie pyn nie, dankie vir strelende hande.
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Hande
Ek voel die pyn aan deur hierdie gedig. So jammer om te hoor hiervan, dit is nie lekker nie, pyn is mos maar iets wat mens ten alle koste probeer vermy. Sterkte daar, mens kan maar net vertrou en bid vir verligting.
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Mari

    deur Rachelle du Bois

    Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar