Gedigte

Titel: hande
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek reik met my hande na die hemele so hoog
Ek vra met my oë al die waaroms en hoekoms
Ek lees al die vrae met hul antwoorde in my hande se vou
Ek het met my hande berge verskuif om liefde van die mens te vind
Ek het die hartseer met my hande van my natgeweënde gesig geveeg

Eh het die vlug van die arende met my hande gevolg tot diep in die einder
Ek het ‘n stukkie brood van die lewe gevra met my hande smeekend gerig
Ek het die tog na bo uitgekluiter met my hande ,nog soekend na geluk
Ek het die seën uitgespreek met my hande neergelê op hulle wat nog glo
Ek het met my hande op my skoot gewag vir die poorte van die hemel op te open

Ek het die warmte van Sy liefde en sorg in my hande gevoel en gedink dis ‘n droom
Ek het my kruis opgetel met my hande en dit was te swaar ,ek het gevaal
Ek het met my hande in my hare die selfbejammering in my hart veroordeel
Ek het die boek van die lewe in my hande omvou en begin glo in die hede se lag
Ek het my hande in ’n bidvorm vebind en my hart het vrede in God gevind



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hande
Pragtig, maar ek wonder of jy dit nie in die verkeerde projek geplaas het nie?
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


hande
Dis inderdaad ons belangrikste gereedskap daagliks.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar