Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hande teen my ore, die skaterlag
Hande teen my ore, stemme teen my oor dromme bars
Hande teen my ore, my senuwees genadeloos slag
Hande teen my ore waar vibrasies my hare pluk
Hande teen my ore wat my onskuldige skulpe besmeer
Hande teen my ore waar my gange bloei
Hande teen my ore waar klank ontsnap
Hande teen my ore waar dit brand en gloei

Hande teen my ore waar jou asem my kop versteur
Hande teen my ore wat my binne-oor teer
Hande teen my ore eggo's in my wese
Hande teen my ore die bitter geswyg
Hande teen my ore my enigste keuse

Hande teen my ore die laaste kans
Hande teen my ore waar my bergstroom uit syfer
Hande teen my ore waar klank my koglea besoedel
Hande teen my ore, klank se laaste dans

Haal die hande teen my ore af en besef
My wese verwoes tot in die laaste naat.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar