Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Glo nie Ma het my ooit gesien huil,
was te besig om Ma se eie trane af te droog.
Ma het die liefde van hierdie kind geruil
vir herinneringe van ‘n seun lank reeds dood.
I cried a tear, you wiped it dry.

Ek het gesukkel-struikel deur my grootword jare
terwyl Ma so vasgevang was in selfbejammering;
het my lewe aangepak, moedig, dom, onervare
en altyd gewag vir die “groot verandering”.
I was confused, you cleared my mind.

Ek het my vlerke gesprei, my voete geplant,
maar Ma kon nooit opkyk om my te sien;
het ‘n huis gemaak, my man se hand gevat,
maar kon net nooit my eie Ma verdien.
You held me up, and gave me dignity.

Ek moes altyd reg staan, bystaan, net verstaan
en my eie seer iewers wegpak;
moes altyd vergewe as die lewe Ma verslaan
en later myself weer uitpak.
You gave me strength to stand alone again,

Was dit dan so maklik om nie te onthou
alles wat ons so seer kon maak?
Na al hierdie tyd – van kleintyd tot nou –
en Ma staan steeds onaangeraak.
to face the world out on my own again.

Ek het soveel gegee as wat ek kon,
dit was net nooit genoeg;
die oggend toe Ma aan Ma se einde kom,
kon ek niks meer byvoeg.
You gave me hope when I was at the end,

Van “vergewe my, ek is jammer” was daar niks,
net die kwaad het gebly.
Ma het my alleen in hierdie wêreld agter gelos,
die waarheid het gesny.
and turned my lies back into truth again.

Ek dink nie Ma het my ooit so nodig gehad
as wat ek Ma vandag nog nodig het;
maar dis nou verby, soveel jare te laat
en ek staan steeds alleen, ek het my bed.
You needed me.


*met dank aan Anne Murray, haar treffer van 'n paar dekades gelede verseker dat ons nie ons gisters vergeet nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hartseer
Sjoe! Die bitter / hartseer van die gedig tref my! Wen ske kon `n troos gedagte aan bied.
7 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud


You needed me
"you put me high
upon a pedestal...
so high that I could almost see eternity
You needed me....
you needed me.

A beautiful song. Ek dink nie mens vergeet ooit die tipe pyn wat hier so duidelik uit jou vers opspring nie.
8 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar