Gedigte

Titel: hartspyn
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mense sê tyd is veronderstel om te help ,
Jou beeld moes stadig, maar seker begin smelt ..
Maar Ongekwes staan jy deur alle verwoestende vure,
Jy bly op my gedagtes, nog al die sekondes , nog al die ure.

Hoe vergeet ek jou stem wat my herinner aan verbrokkelende herfsblare ,
Of hoe jy my vingers gespeel het soos kitaarsnare ?
Ek verlang na jou teenwoordigheid elke koue en reënerige dag ,
Daai tuisgevoel in jou arms , altyd so warm , altyd so sag.

Miskien is dit beter so
-Dis wat ek vir myself sê
En dis al wat ek kan glo ,
Maar hoekom wil ek jou dan steeds hê?

Ons was altyd 'n paradoks : 2 teenstellende verhale ,
Anders en omgekeerde klanke vanaf verskillende simbale .
Tog was ons melodie maklik om te onthou ,
Maar smaak verander en jy't van ander musiek begin hou.

Jy't my hart gebreek , gekneus en in stukkies geknip ,
van al my liefhê vermoë en emosie gestrip .
Ek weet darem iemand sal weer my hart kan regmaak en verryk ,
Maar joune sal swart en liefdeloos bly tot tyd sy einde bereik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hartspyn
sjoe hierdie is diepseer dog mooi gepen
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


hatrspyn
So het elke donker wolk sy silwer randjie en wie weet... daardie nuwe geluk lê dalk om die volgende draai. Goeie rymgebruik.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


Tyd
Tyd voel soms na ń ewigheid as jy van binne pyn.... en ek weet self nie of tyd ooit gesondmaak nie.

GOED vasgepen.
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar