Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek staan voor ma se bed ,
die enigste kleur op ma se gesig
die son wat deur die ruite sak ,
n flamink kleur ,
en ma gaan dood
of die son sand is ,
en die venster n uurglas .
En die vrou wat daar klein lê kan sien ek verstaan nie :
ek staan nnet daar met my arms om myself gevou
in die laat Herfs wat ook sterf ,
onseker , soos n kind wat n pop moet bêre .
Die son word n reguit lyn op die horison ,
die lyn n rooi warm lem wat die wind af sny
sodat die blare gaan lê .
My ma praat , fluister vir my:
“ Jy weet mos as jy wegkruipertjie speel...
...jy mag nie gekry word nie...
...jy moet wegkruip...
...die lewe het ook n speletjie , my kind :
Heel , of breek .
Jy moet reg kies , anders is jy stukkend...
...hier mag jy ook nie gekry word nie...
Jy moet goed wegkruip , my kind ”

Ma bly n minuut stil
terwyl ma ma se te maer arm uitsteek
sodat benerige hande oor my wange die klein trane afvee :
“ Ek is n pop ,
en Jesus het my vir n klein dogtertjie gegee om mee te speel .
Maar nou is dit nag...
bêre die pop , my kind , en gaan slaap in jou hart .
Eendag is dit môre ,
dan kan ons weer speel ” .
Dan is ma stil .
Ma glimlag , knyp ma se oë toe ,
Soos ma altyd maak as ma lag .
Ma se hand bly op my wang .
Na n rukkie voel dit snaaks .
En ek weet ,
soos mens op daardie oomblik weet

Ek het met my groot oë daar gestaan ,
my hart het groot gehuil ,
my stiltes om myself gevou .
Ek wens ek het geweet
of my hart heel , of breek ,
of wat ek dink .
Ek het my hande uitgesteek ,
wou die son daar hou .
“ Bêre die pop , my kind...” .
Dan sal niemand jou vind .
Ek het my eie arms baie om myself gevou ,
Maar ek het my belofte gehou :
Ek het ma gebêre


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ma
sjoe hierdie is ommer n groot diepseer... baie mooi gepen!!!.. daar is niks wat n ma se plek ooit weer sal kan vul nie... maar tyd bring rowe dan onthou mens net die mooi...
5 jaar 2 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Heel
Shoe Cornè, ek het amper saam met jou gehuil. Om 'n ma af te staan is erg. Al wat ek kan sê is, hou aan skryf sodat die emosies kan uitkom en jou siel kan heel. Poësieterapie werk.
5 jaar 2 maande 1 week 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar