Gedigte

Titel: Help my!
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hallo….
Hoor jy my
Ek roep om hulp
Word vermy

Hoeveel meer
gaan jy neem.
Voor jy sien,
wie gaan help keer

Hallo….
Kan jy sien, wat jy aan my doen?
Wie gaan die eina beter soen?

Stop!
Ek vra so mooi
Die meter hardloop jare al in die rooi

Met jou besoedeling verstik ek
My trane is vol vullis.

Dan kom die braak
En julle neem wraak
Dit is nie teen julle wat ek dit mik nie
Kan julle nie sien nie.

Ek kan dit nie meer keer nie.
Vergiftig deur die mensdom
Maar al wat hoor is die doofstom
Dan braak ek weer, en baie kry seer.

Kyk mooi na my,
ek is al wat julle het
Breek my,
en ek sal my teen julle verset!

Dan kom die groot vraag!
Waar sal julle dan bly?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

help my nou
dis'n prag gedig ... ek wag vir die volgende een
of het ons mensdom jou nou venaal opgevreet?
9 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Soos 'n vorige kommentaar sê, kragtig en reguit. Jou woorde beskryf wat ek ervaar as mens oor 'n lang tyd misbruik word sonder waardering of respek.
10 jaar 9 maande oud


reguit en kragtig verwoord-
10 jaar 9 maande 2 dae 15 ure oud


Ek kyk op...
Redelik gemaklik op my knee
Ek gaan hardop skree
Maar swyg liewer weer

Hoekom ek?
Dit maak my gek!
Keer op keer op keer
Hierdie seer

Kan dit nie net weg ?
net eenkeer
net eenkeer minder seer
asseblief God keer

Ek wil hardop skree
keer die seer
asseblief
op my knee
10 jaar 9 maande 2 dae 19 ure oud


sowaar een van jou bestes, so bly jy is terug.
a.
10 jaar 9 maande 3 dae 6 ure oud


Besoedeling van die aarde en toenemende rampe treffend hier verwoord. 'n Werklik kwellende vraag. Iewers moet dit stop.
10 jaar 9 maande 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar