Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanoggend is my hart in stukke gebreek.
Ek voel soos ‘n sneesdoekie in water geweek,
dún, stúkkend, dóélloos verrinnewéér....
Maak nie saak wat ek doen, ek kan nie die trane meer keer....

Waarom jy ?
Hoekom kon jy nie by ons bly ?
Die warmte in my liggaam is weg...
Ek wou keer, jou behou, vir jou veg !

Ek bid tot God.
Is daar dan ‘n ander gebod ?
Hoekom moet ek so ly ?
Ek wou jou lyfie teen myne vlei...

My moedershart skree !!!
Here God, kan u my kindjie vir my gee ?
Net eenmaal weer.
Jesus asb moet dit nie keer....

‘n Drukkie vir laas.
In hierdie leefstyl so haas...
Ek wil net jou oogies sien...
Jou handjies, o Here my God wat ek dien....

Ek weet U kan die pyn en verlange uitwis !
Here God ek lees dit in U Boek , het ek dalk iets gemis ?
Raak my aan, maak my liggaam skoon ,
Here God U wat sit op U Troon....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy is in my gebede
Hey B, jy is nog steeds in my gebede.

Groetnis
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


ACV
Here my God
Aangrypend!Die seer klim uit elke noodkreet na God en klap die leser in die gesig!Maatjie, dit is n seer waarvoor net Hy troos het. Neem Sy salf bietjie vir bietjie elke dag. Dink aan jou. Woesgroete
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


jammer
Ek is baie jammer oor jou seer, wens ek kon help
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


Seer
Die seer is tasbaar in hierdie mooi gedig van jou. Onthou net om dit wat jy het te koester en te waardeer.
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


Hy bly trou tot in ewigheid en laat vaar nooit die werke van Sy Hande nie...'n belofte van Hom.

Die leser voel jou hartseer saam met jou, bid saam met jou.
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar