Gedigte

Titel: Herfs
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

prentjie mooi lê blare getooi
in alle kleure
geel, oranje, rooi en bruin
oor gras en veld gestrooi

voëltjies tjirp van puur plesier
vlieg van tak tot tak
kollekteer blare en gras
vir fraaiste nessies in hoë bome

diertjies skarrel en speel
soos wafferse akrobate
op takke met herfsblare versier
vroeg in die oggenddou

in haar tuin aanskou sy
met weemoed die verandering
verlange duidelik sigbaar
in eesaamheid omvou

© ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

herfs
wow Ans.. dit is sielsmooi gepen .. ja die herfs is n seisoen vol nostalgie...
5 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


herfs
Mooi neergepen. So verander ons lewensseisoene ook maar.
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


♪♪♪
Wat 'n vrolike herfslied!
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Verandering
Ai Ans, dis so pregtig beskryf. Hier by ons in die dorp is net immergroenbome.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


verandering
jy is so skaars dat dit altyd n aangename verassing is om iets van jou te lees. pragtige werkie Ans
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


Verandering
Ek stem saam met jou Ans, dis pragtig, ons blaar bedekte aarde.

Jy het vreeslik mooi geskryf.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


O
Pragtig Ans
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Verandering
Aanskou met weemoed die verandering. . . Is dit nie maar wat ook in ons lewenseisoene gebeur nie? Maar altyd maar weer wissel die seisoene mekaar af totdat ons harte maar weer in ons binneste dartel.
5 jaar 11 maande 1 week 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar