Gedigte

Titel: herlewing
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die pad strek
deur ’n grasland vol
bonatuurlike wesens wat oor
konkoksies en die derde oog
spekuleer

tot binne die hart
van ’n verlore stad waar arms
onbeheersd swaai
en vrot vrugte die lêplek
van toksiese gedagtes
in kinderdrome
beset.

Dan volg die
geweste waar grotte
vol gebeentes en verbloemde
inkantasies jou met stringe
volksverhale en rare skatte
deur die tralies van
jou onderbewussyn
forseer.

“Raak jy nie moeg
vir hierdie goed nie?”
“Ek weet nie, maar ek wens net
ek het nooit
moeg geraak vir jou nie.”




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

derde oog
Asemrowend! Uit `n ander dimensie. Hierdie was `n goeie lees, dit neem `n mens diep in daai astrale wêreld, waar `n mens versigtig moet dink, of net laat los, en swem in die kakafonie van onmanifesteerde gedagtes wat soos honger diere smag na `n vorm.
4 jaar 7 maande 2 dae 9 ure oud


herlewing
Puik, soos Rossetti se 'Goblin Market'...
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


herlewing
sjoe Tertius hierdie is uitstaande! puik gepen aan hierdie diep gedagtes
4 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


Herlewing..
Uitstekend! Om weer en weer te lees, dis wat die gedig so geslaagd maak - om dit met elke lese van nuuts af te ontgin. . .
4 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar