Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

terwyl donkerblou lewenswater
vlak in die traankuile gaan lê
en die iris soos damwater uitkring
tot jy jou eie weerkaatsing,
in die groen lagoon
van hoop en liefde
maar meesal geloof,
se buitelyn kan volg
en jou hartseer saam
met die slym op sy riviermond
hom net nòg swaarder laat asemhaal

Het jy al asem gedeel met die dood
en jouself
soos manna aan ñ boemelaar gebied
wyl jy weet dat elke
mikro-deel van jou suurstof
sy siel net verder uithonger

Nege lewens gee hy jou,
dan wonder ek net
op watter turf jy sò onverskillig
in jou bitterkort lewe gespeel het
dat ek jou nie kon red nie...

[Hulle sê liefde is alles,
maar ek dink geloof is meer.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

is dit nie ironies dat liefde soms alles is nie en as dit weg is neem geloof sy plek.

Dan weer het n ander opinie oor geloof en God. God is glo liefde. Geloof nie noodwendig liefde vir God nie.

Ok hierdie kommentaar het nie juis veel met jou gedig te doen nie, maar meer oor jou stelling op die einde.

10 jaar 3 dae 18 ure oud


Sjoe, ongelooflike beelde en 'n slot wat hard tref. Uitstekend geskryf.
10 jaar 2 weke 2 dae 2 ure oud


Ja ek het...en doen, en die gedig, wel geen kommentaar wat ek kan lewer sal ooit waarde tot dit kan toevoeg.
10 jaar 2 weke 3 dae 1 uur oud


n gedig wat my self sonder asem los...
great gedoen!
10 jaar 3 weke 1 dag 23 ure oud


diep.
goed verwoord.
hou hiervan.
10 jaar 3 weke 2 dae 1 uur oud


"en die iris soos damwater uitkring
tot jy jou eie weerkaatsing,
in die groen lagoon
van hoop en liefde
maar meesal geloof,"

Wow Kkietjie....jy't mos nou diep gaan raak met die ene..."geloof" kom sterk navore in jou eerste vers en dan jou slot....

"[Hulle sê liefde is alles,
maar ek dink geloof is meer.]"

Bevestig jy as skrywer...wel...dat liefde alles is maar die geloof MEER is...dis ongelooflik geskryf vrou....ek love dit....

+fav
Tella
10 jaar 3 weke 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar