Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 160
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 26 Oct 2015
My gemoed is so leeg vanaand, wil nie voel – wil nie weet...
Nou sit ek met 'n muse wat nie kan, gelaat sonder 'n woord,
soek ek na iets tussen al hierdie bouval van herinneringe,
na iets wat rym – maar nie te groot.
Wou ek vir jou skryf oor seer en die groot gemis,
maar die klawers van die rekenaar bly dom en leeg,
hoe kry ek hierdie blik om te dig as elke sin, hewig betwis...
Voel ek dan nie meer...
Is die wêreld om my te seer?
Ek wou skryf van bouval en sy laaste lig,
maar haak vas by die leë gange van my brein,
Wou sê wat ek voel en wat hang aan my sig,
maar eindig elke keer met 'n gebroke lyn.
Beton voel mos nie Heer?
Hoekom dop sy vel in die aanslag van tyd,
roep sy gange die laaste ego's nie meer,
Hoekom soek ek nog lewe agter 'n gebreekte ruit?
Cornien
26/10/2015
Lees ander gedigte deur cornien
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.