Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onder die toon van jou sms
Skuil onuitgeveerde krete van ons koebaai
Eggos wat aanhoudend in my kop bly draai.
Soos die nag toe ek jou die maan gewys het
En jy halfgerook jou kop op my skouer kom le het
Jouself vir my gegee het sonder om te vat
Daardie nag het ek reeds gewonder of
ek jou naam eendag in ‘n ster sou mag bere
Nou bly net I grys selskerm oor en
n boodskap wat verlange skree:
“hiers my nommer...
Dis childish om te dink
Ek gan jou sommer net so dodge.”
Het jy ook toe reeds geweet
dat ons onder dieselle maan
selfmoord sou pleeg en
saam onuitgewerkte feelings na buite toe vee:
“koebaai my lief, koebaai..”
Ek haat dit om jou met kwaai gedagtes te bespring
Maar die is vir die beste….
Jyt derde gekom in hierdie race.
Derde het almal jou uitgewys
en met sel in die hand
Wat sms pyltjies na my hart bly brand
Kan ek aan jou bewys
Dat jy bly flikker,
My altyd opkikker...
Eerste het ek jou ingepand
en veilig gaan bere in my hart se wand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar