"Geduld is nie net 'n dorp
in die Vrystaat nie..."
Wanneer ons vra vir Geduld
hoop ons eintlik op omstandighede
om in the pas by hoe ONS DIT WIL HÊ...
Hoe lyk jy terwyl jy wag?
die glinster in jou lag
of slote in jou wang
Hoe lyk jy terwyl jy wag?
vloek jy die opkoms of
'n dankie in jou hart
Hoe lyk jy terwyl jy wag?
Karakter is meer as net letters van agt
beskerm jy jou hart teen
die bitter van 'ek verdien' en eiewys?
ou krag is gebruikte krag...
'n tweedehandse gevoel van behoort
Nuwe krag is dit wat jy het wanneer jy
in stille vertroue en in dankbaarheid
jou hart se kranke verloën.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Alex Fan Moniz
37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.