Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



kyk hoe mooi hang die wolke in die blouste lug
kyk hoe breek die branders waaroor die seemeeu vlug

kyk hoe wit rus die duine so al langs die strand
kyk hoe swart blink die rotse teen die waterkant

kyk hoe geil groei die vyge met blomme in geel
kyk hoe pienk-rooi arctotis in die skuinswind speel

kyk hoe groen lê die see-wier en bak op die sand
kyk hoe sag skyn die son wat deur mistigheid brand

kyk...

kyk hoe mooi dit alles lyk...

kyk...




C. Shaw
18 Junie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kyk
Ek kyk en ek sien! Oulike versie.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


kyk
sjoe jy skilder die mooiste skildery met woorde hier.. puik gepen!!!
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Kyk
Ek is mal hieroor. Dit kalmeer mens sommer en laat my dink aan lang dae aan die kus in die Ooskaap... (Ek gaan bitter min see toe in die Kaap. Die water is te koud.)

-=P=-
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


kyk
En hoe mooi kyk jy nie, dis so 'n regte oog-oopmaak, sien als om jou raak, gedig hierdie. Baie mooi Carma :)
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


Voorlesing
Carma, hier skimp ek alweer vir 'n voorlesing of voordrag deur jou ... :)
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


KYK
Woordskildery ... Uitstekend!!!
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


2
BRAVO BRAVO, maar sies vir jou!
Ek verlang nou so na daai strand!!!

Ek wens ook dat mense sal anhou kyk en sie en sien en kyk!
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Ek sien . . .
ook in jou woorde, die Hoër Hand se vat . . .
5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


die weervoorspelling
die vers smeek vir herhaling...behou dis die 'mooi' van reel 1 regdeur...

bv:
kyk hoe mooi hang die wolke in die blouste lug
kyk hoe mooi breek die branders waaroor die seemeeu vlug

kyk hoe mooi wit rus die duine so al langs die strand
kyk hoe mooi swart blink die rotse teen die waterkant

ens.

Dan natuurlik a sons tegnies wil raak en getrou aan die titel wil bly,sal jy die mooi moet omruil.Bv:

kyk mooi hoe hang die wolke in die blouste lug
kyk mooi hoe breek die branders waaroor die seemeeu vlug

kyk mooi hoe wit rus die duine so al langs die strand
kyk mooi hoe swart blink die rotse teen die waterkant

ens.
..dit sal natuurlik die beste in die geheel werk vir die spesifieke boodskap.

5 jaar 8 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


Hoe om te kyk
Deur jou se vingers met swart op wit
lyk die prentjie beter.
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae oud


.
O gits ek het nog nie na die foto gekyk nie!
Maar ek sien wat jy skryf.
... en dis pragtig.
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


Kyk
Ek kyk, en sien die prag wat jy hier besing.
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


Hmmmmmmm
Ek kyk...
En sien!
Mooi geskryf.
:-)
8-)
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


kyk
Carma op haar beste en slaag skitterend daarin om my see toe te laat verlang
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 5 ure oud


Kyk

'n Besonderse gedig - pragtige gedagtes! Koester jou talent!
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 6 ure oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar