Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

HOE SÊ MENS DANKIE?
Opgedra aan :
Almal wat ons paaie gekruis het in 2005


Dié jaar was ‘n leerskool vol stryd, lag en huil,
jul het ons leer ken en bemoedig, saam ons gestaan sy-aan-sy!

Kopstukke gesels en soms tande gekners,
trane gedroog, probeer troos met ‘n Vers ...
Knieë op die grond en oë gerig na Bo
het almal bly bid en net aangehou glo ...

Ons kersgeskenk dié jaar is regtig groot
want die Heer het geantwoord op al ons nood!
Sente kan nie koop wat in ons harte nou lê
maar ons voel ons wil tóg hierdie páár woorde sê ...

Jul gebede en liefde het ons gedra elke dag,
soms deur die sonskyn, meningmaal deur die nag.
Jul gedagtes en seënwense het ons saggies toegevou,
die wete dat jul bid het ons in ons harte styf vasgehou.
Altyd was jul daar sonder verwyt of wegdraai,
Ons dank die Heer dat jul almal in óns lewens kon maai!


07/12/2005



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dankie
Wat 'n mooi manier om dankie te sê! Hou baie hiervan.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 ure oud


Baie mooi
Ai maar dis mooi en tog lees ek dat die familie of gesin baie hartseer gehad het en nou 'n groot dankie deurgee vir hulle wat daar was. Baie mooi regtig mooi
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Pragtig
Waarlik inspirerend. Dankie
8 jaar 7 maande 1 dag 21 ure oud


Ek wil vir jou dankie sê. Ek is mal oor jou positiewe uitstig en geniet al jou werk. Hoop om gou weer nuwe werk van jou af te sien. Hou so aan.
11 jaar 3 dae 10 ure oud


Dankie
Ons vergeet so maklik om dankie te sê. Ek het die gedig geniet! - Groete Dirkie
11 jaar 6 maande 2 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar