Gedigte

Titel: Hoedefok
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Iewers is ñ forest
iewers is ñ lake
iewers is daar ongerepte beauty
in ñ goed versteekte plek .

Iewers is ñ crest
van ñ heuwel , ryk
aan plate veldblommetjie’
elkeen nog onontdek .

Iewers is ñ berg
iewers is ñ kloof
so mooi so ongerep
jy sal snak in ongeloof .

Ja , ons mag dalk terg
ons mag dalk speel
“ Moeder Aarde is verlep ”
“ Moeder Aarde is oud en afgeleef ” –

maar as jy jouself met
7000000000 mense moes deel ...

hoe de fok
sou jy gelyk het .


( 16/01/2016 19h53

** Vir die mense as spesie het ek geen tyd nie .
Ek weet dis n cliché , maar :
We are the worst animal on the planet .
En waarskynlik in die universe .
Ons gebruik .
Ons misbruik .
Ons destruct .
Ons destroy .

Maar ten spyte van die feite ,
ken ek ñ hele paar rêrige amazing mense .
People that leaves me at awe .

En al is hulle slegs ñ druppel in die emmer ,
maak hulle soms my lewe vol .

Ek is dankbaar om julle te ken )

{ O , by the way . Die vers was ñ struggle . Ek’t die 1ste 2 reëls in my kop gekry ...
...en ek like hulle regtig baie ...maar kon net aan niks dink wat hulle sou komplimenteer en aanvul nie ... Het dae lank gestruggle . Wou net die twee reels
plaas ..onder die titel Die onvoltooide gedig 23 .
Ek dink steeds seker verse moet nooit klaar geskryf word nie .
En moet gemumify word word in hulle onvoltooide vorm ...
Soms is daar daai reels , ( of strofes as jy gelukkig is ) , wat net onverbeterlik is .
En dis jammer dat ons hulle afbreek en gewoon maak deur goed by te skryf . }



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hoedefok
vra ek ook.

netjies geskryf, ou maat.

sien ek jou op Ink?

Groot groete
ettiennej aka Stephan jones
3 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Hoe
Praat jy nou groor waarheid hier.
Die mens. Ek het 'n oom gehad wat altyd gese het dat as jy iemand rerig wil slegse moet jou hom jou mens noem, want jy jry geen slegter ding as die mens op hierdie aarde nie.
3 jaar 4 maande 1 dag oud


HOE
Kap jy daai spyker nou met een hou helemal in!

Elke emmervol begin mos met een druppel. My Bokka reken: It takes ALL sorts to make Liquorice All Sorts.
Ek dink baie mense het nog nie hulle versteekte innerlike ongerepte beauty ontgun nie.
3 jaar 4 maande 2 dae 4 ure oud


Hoede..
Van digkuns is ek geen kenner, maar daar steek groot waarheidbin wat jy sê.
3 jaar 4 maande 6 dae 15 ure oud


Hoede
Ja, die méns, die méns!

(Jy moet kom kyk, hiér is die forest, hiér is die lake . . . baie van hulle – en hier pas hulle mooi op. Ruim nou op waar vorige geslagte gemors het.)

En jy is reg van die twee-reël gedigte.

En ek is bly om jou te geleer ken het!

(Die titel het seker maklik gekom? ;). )
3 jaar 4 maande 6 dae 20 ure oud


hoe
Die eerste twee reels het so 'n lekker ritme, dis geen wonder jy wou iets daarvan maak nie. Ek dink jy is reg, daar is sekerlik stukkies ongerepte natuur waar niemand eens van weet nie. En dit is 'n wonderlike gedagte. Ek weet ook nie wat met ons mense aangaan nie, ons mors alle op. Lekkerlees materiaal vir my :-)
3 jaar 4 maande 1 week 1 uur oud


hoede..
Darm is nie almal diere, nie al die mense is fake! Goed geskryf..
3 jaar 4 maande 1 week 9 ure oud


Hoe...

"..Ek dink steeds seker verse moet nooit klaar geskryf word nie .
En moet gemumify word word in hulle onvoltooide vorm ...
Soms is daar daai reels , ( of strofes as jy gelukkig is ) , wat net onverbeterlik is ." Hiermee stem ek 100% saam. Dis soms net 'n enkele reeltjie of strofe wat werklik poëties is en die gedig "maak"..

Ja, ek stem: Iewers is 'n forest, iewers is 'n lake; goedversteekte beauty wat onsiende my ontwyk . . .

Goeie werk, Rudi!



3 jaar 4 maande 1 week 11 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar