Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom is ek erg oor jou?
oor jy my gelukkig maak
oor elke dag saam met jou
vol reënboogkleure raak

Hoekom is ek mal oor jou?
want jy maak my bly
jy maak elke dag vol skaterlag
soveel vreugde wat ek van jou kry

Hoekom gee ek om vir jou?
want jy vul my hart
elke hoekie en elke stuk
en jy troos my teen smart

Hoekom is ek versot op jou?
oor jy die beste drukkies gee
oor ek elke oomblik wat ek asemhaal
tyd met jou wil bestee

Hoekom is ek lief vir jou?
oor ek nie een dag sonder jou wil wees
oor jy my hart met teerheid vul
en elke emosie van my lees



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoekom is ek erg oor jou? ...
Dis tipies hoe ek dit sou skryf. So gemaklik om te lees en so sag op die oog. Verstaan ek tog wat jy met elke sin bedoel.

Lekker skryf!
8 jaar 4 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Liefde so mooi
mooi geskryf - hoop dit gaan nog goed.
8 jaar 4 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


Hoekom....
is ek so lief vir jou
hoekom het nie rede nie
skilpad het nie vere nie
nou
plein en simpel
ek is ook net lief
vir jou.
8 jaar 4 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


=)
heerlik.... ek mal hieroor...
8 jaar 4 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Wow! Ek bly geamuseerd deur jou ervaring en skrywe oor die liefde! Pragtig!
8 jaar 4 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


Hoekom is ek erg oor jou?
Dit is baie mooi. My vrou sal smelt soos 'n Cadbury chocolate. As ek dit vir haar lees. :-)
8 jaar 4 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


:)
Gelukkige siel aan wie hierdie pragtige, sagte liefdesverklaring gerig is!!!
Mooi Borrels
8 jaar 4 maande 1 week 4 dae 10 ure oud



Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar