Gedigte

Titel: hoeveel is te veel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

is dit te veel as ek jou foto sien en tyd terug wens na daardie aand
is dit te veel as ek wens jy was hier vanaand
is dit te veel as ek jou een woord sms oor en oor lees
is dit te veel as ek heeltyd by jou wil wees
is dit te veel as ek dinge wil verander soos dit tans is
is dit te veel as ek huil omdat ek jou mis
is dit te veel as ek my oë toemaak en steeds jou arms om my kan voel
is dit te veel as ek hoop als wat jy gesê het het jy bedoel
is dit te veel as my hele wese pyn as ek jou sien
is dit te veel as ek dink dat jy als wat jou toekom verdien
is dit te veel as ek elke aand van jou droom
is dit te veel as ek ons voorletters uitkerf op die groot akkerboom
is dit te veel as ek so baie van jou weet
is dit te veel gevra om jou te vergeet
is dit te veel aande van moeg
of is dit net net genoeg



Kommentaar

Sjoe!! Hierdie is rêrg iets besonders vir my...want ek vind myself in dieselfde situasie!!! Pragtig...X
2 jaar 9 maande 1 week 4 ure 28 minute oud


Hoeveel is te veel
Vir Liefde is niks ooit te veel! Dit bly die mees komplekse ervaring met elke moontlike emosie wat daar is gemeng. Baie mooi geskryf, het dit geniet.
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 4 ure 41 minute oud


Te veel is wanneer jy voel jy kan nie meer en als en almal jou irriteer:-)
Sjoe!, weereens verrig jy wondere met woorde. Goed gedoen!
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 13 ure 20 minute oud


Die stukkie werk van jou praat te veel met my...kon uit my pen gekom het. Nee nooit is liefde te veel. Sterkte....
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 17 ure 1 minuut oud


Baie goed gedoen Tania!
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 18 ure 40 minute oud


Baie goed gedoen Tania - hy praat met elkeen van ons wat al daardeur was!
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 19 ure 16 minute oud


is dit:
Te veel - miskien..
Oorweldigend - verseker!!!
Genoeg - wel, moontlik ja..
Maar waarom smag jy dan na meer??

Die liefde het nie logika nie jong.. Dit weet ons mos nou maar net te goed!! ;-)

Ek hou van hierdie ene, jy se dit wat so baie ander ook voel!


J..
2 jaar 9 maande 1 week 3 dae 21 ure 13 minute oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar