Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Hoeveel keer in vergane jare -
bakhand gedrink by bergstroom,
rou-voet gestap deur barre land,
bloots op esel se rug geknyp,
kosmos loop pluk in niemandsland.

Hoeveel druppels soutsproei proe -
langs seewier strande geskulp ,
in half-son hand-in-hand gestap,
herinner aan bederf-tye saam,
met somer en lenteharte,
wat liefde alom weer beaam.

Hoeveel sakke sout saam verslind -
agter skaapkraalmuur op plaas,
kamtige skelm soene gesteel,
teen windpomp op met kind-vermaak,
stuitig-speels geklim, geklouter,
bo geluister na sy kier-kier kraak.

Hoeveel ure van bederf volmaak afgetik -
wyl ons natuur en omgewing wyd indrink,
sal daardie skitter-son ooit weer skyn?
durf ons waag om wedloop te herhaal?
gaan die skyn-blink in dof verdwyn?
of samelewing-bederf ons laat faal?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HOEVEEL
Ware bederf...Baie mooi!
4 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Bederf
hierdie werk werk is 'n bederf - welgedaan.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 ure oud


Ano
hoeveel
Verlore drome...
4 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


bederf
'n Heel ander bederf maar heerlik.
4 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud


Z
As mens aan bederf dink dink mens selde aan die weelde wat jy hier so puik beskryf het
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


Bederf
Baie belangrike vrae wat jy vra, ons moet daaroor nadink en die goeie gebruik om te voorkom dat dit bederf. Pragtige skrywe.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Hoeveel van hierdie bederf
As ons net meer tyd wil maak om jou maatjie te bederf, dan blom die liefde inveelvoud
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


bederf
tien gloue sterretjies vir jou Evelyn
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Bederf.
Wow, dis pragtig geskry. Wonderlik hoe lie liefde en natuur so mooi ineen gevleg is.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


bederf
Salig.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud


Bederf
Ja, mens raak nogals nolstagies as mens terug dink aan die klein dingetjies wat mens soms as vanselfsprekend aanvaar, wat as jy jy daaraan terug dink klein snippers goue onthou oomblikke word. Stem saam met Suzette - mag dit nooit ophou
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


bederf
Lekker, mag dit nooit ophou!
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Bederf
Uit-flippieng-stekende inwyding van hierdie nuwe tema! Sommer luide applous vir jou!!
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud



Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar