Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

winter draai
ʼn strooigeel droom
waar blesbok wei
en hoëveldsomer
gou vergly

maar suikerbos
sprei soet karos
waar lente loer
en rooikeelflap
in waaigras boer

© C. Potgieter 2013-04-06



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Hoe mooi, wonderlik beskryf jy nie die hartland nie. En mens se hartland bly mos maar daar waar jy dinge ervaar het wat op jou gegroei het. En in jou tuis gegaan het. En jy 'n "...soet karos..." in jou winterveld ervaar het.
6 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Hartland ***
Ook ek gee applous!

Met min woorde 'n hele landskap intens beskryf.

6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


hartland
Pragtige gedig, Charmain :)
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


***
Dis die soort gedig wat met my praat -- uitmuntend goed gedoen, baie dankie!
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Hoëveld hartland
Jislaaik!
Ek het nie woorde nie
Digwerk met diepte
Thanks
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


*
Dis 'n vinnige mooi vers!
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


Hartland
Mooi!
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar