Gedigte

Bladsye:
Titel: Hof
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stilte in die hof
almal staan!

Landdros neem sy plek
kort na hom
kom die 5 moordenaars
deur die traliehek.

Minagtend
staar hulle na haar
weduwee van vermoorde Piet

Ek sien haar stry
haar liggaam
begin ruk en bewe
ingehoue emosie raak te veel
sy kners op haar tande
maar 'n rou snik
bars uit haar keel.

Emosieloos
staar hulle haar aan

Geen droe oog in die hof
die landdros kug en hoes
ek sien die traan rol oor sy wang
sien dit langs sy hand neerplof.

Hof verdaag.


Piet is ongeveer 3 weke gelede hier op Durnacol vermoor terwyl hy een aand sy winkeltjie gesluit het. Sommige van die 5 beskuldigdes is betrokke by nog 'n moord wat dieselfde naweek ook hier gepleeg is en 'n hele rits inbrake oor dieselfde naweek.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hof
Welgedaan Jan!!
4 jaar 3 dae oud


Hof
Sjoe Jan ek wou nou vir jou iets gese het maar toe lees ek Rudie se opmerking. Dit is waar baie waar Rudi

Jan, goed geskryf, net die waarheid kan so goed uitkom.
4 jaar 6 dae 2 ure oud


***
Goed geskryf, Jan -- ek kan die emosies aanvoel...
4 jaar 6 dae 23 ure oud


Ano
Hof
Sjoe. Hoop maar dat geregtigheid sal geskied.
4 jaar 1 week 3 ure oud


die weervoorspelling
as geblikte Leeus gejag word..everybody is up in arms.
Maar eintlik is ons,die mens geblikte teikens...geblikte mense...wat voor die voet gejag word.Doodgemaak word...
en dis maar okay.
4 jaar 1 week 7 ure oud


hof
Pragtig word die pyn in n slagoffer se naasbestaande in hierdie werk weerspieël
4 jaar 1 week 13 ure oud


Hof
Hoeveel harteloses is daar nog op vrye voet?
4 jaar 1 week 14 ure oud


Hof


Goed meegedeel. Sal wil hoor wat die uiteinde van die saak sal wees.
4 jaar 1 week 21 ure oud


Verdaag . . .
Jan!

Dis `n kragtige, uitstekende gedig hierdie!
4 jaar 1 week 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gedoria

    deur Martha Maria Jones

    Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar