Gedigte

Titel: Honger
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As iemand jou aankyk met honger in sy oë
Honger vir `n stukkie kos, selfs al is dit droë
brood sonder smeer, selfs ou kos, niks meer
Het jy daardie een verwerp, selfs toegesnou
Of het jy rondgesoek na iets, diep in jou sak gegrou
opsoek na daardie oorskietkos, of randjies, wat lê los
onder in jou sak
Weet net dat baie mense nie bevoorreg is soos jy
Daar is self kinders, wat van hongerte moet ly
Moenie jouself verhef bo hulle
Laat val van jou oë die skille
Sien hulle raak vir die mens wat hulle is
en as jy genoeg het, gee gerus



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar