Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ai! die wyse ou Salemo
het die eer en vroulikheid van ‘n vrou
darem jare gelede so baie goed geken en pragtig beskryf
in sy lied oor die vrou
en dit sonder enige geweld,
want hy was ‘n wyse man.........

Goue kettinkie om die nek
oorbelle van goud en silwer
die reuk van duur parfuum
is die reuk van liefde.

Jou oe is duiwe
jou lyf is ‘n affodil
‘n lelie van die laagtes
‘n lelie wat uitstaan tussen dorings.

Jou hare soos springende bokke
jou tande soos wit geskeerde skape
jou lippe soos skarlaken
jou borste soos tweeling bokke.

Jou liggaam is welriekende struike
nardus en saffraan, kalmoes en kaneel
mirre, aalwyn en lekker ruik kruie
‘n put met lewende water

Jou slanke gestalte soos ‘n palmboom
van jou skoene tot jou heupe soos juwele
jou naeltjie soos ‘n kom gekruiede wyn
deur kunstenaars hande saamgevoeg

Jy het my hart gesteel
met een kyk van jou oe
jou lippe soos heuning stroop
jou liggaam is ‘n lushof van vrugte

Jou soen beter as wyn
jou lyf ruik na shanell
vat my na jou kamer
en wees vrolik my bruid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lied
en hier haal ek my sterretjieboek uit om jou tien goue sterre te gee
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Lied
Uit-flippieng-stekend! Hierdie gedig laat sommer my hart vinniger klop!
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Hooglied
wat n pragtige ode aan die vrou!!! so mooi gepen!
4 jaar 3 maande 1 week 2 dae 9 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar