Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Swetend, kaal bolyf,
wildverskrik in die veld
die bergwind stof en vaal
met 'n geroeste ysterstaf
het jy gestaan en skree
dat die horison jou moet kom haal

soos 'n besete profeet in die wind
met die krag van sewe man
en die onskuld van 'n kind
afgeëts soos die portret in jou sitkamer
van 'n stok-ou kremetart
met te veel aan die gang in jou kop
moes jy ontken wat jy eintlik geweet het
diep in jou hart

* * *

jy't dikwels gelag
en gesê dat ek nooit
'n ninja sou kon wees nie
dat jy my altyd sou kon kry
maar ek het sedertien verdwyn
spoorloos in die stad
ek neem aan die joke
is die hele tyd
toe eintlik op my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bantam
Ja, baie interessant. Goeie beelde geskep. Die gedig maak my nuuskierig om meer te weet. Goeie werk!
4 jaar 3 maande 1 dag 11 ure oud


die weervoordpelling
interresant
4 jaar 3 maande 1 dag 13 ure oud


bantam
Mooi opbou na onverwagte slot. Mooi beskrywend vol emosie gepen.
4 jaar 3 maande 1 dag 13 ure oud


Hoogverraad
goed gepen
4 jaar 3 maande 2 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar