Weergawe: 1
Aantal woorde: 176
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 29 Jan 2014
'n gebed vol geloof, vir 'n draai van die wiel,
Wanneer gaan die seer dan ophou? Wanneer gaan my geluk begin?
Hoeveel trane nou nóg? Voor die vreugde ook mag wen?
'n gesig vol emosies, Elke plooi vertel 'n verhaal,
Van elke bietjie sonskyn, elke druppel reen,elke storm vol hael.
Is dit dan die storie wat my lewe moet vertel?
My kruis is swaer maar ek hou my moed,
My kneë is stukkend geskuur,
maar met 'n glimlag sal ek gloed,
My hart is vas gewerk met naald en garing en hoop vir 'n beter môre.
Maar vrae van pyn bly oor my lippe loop...
Hoeveel trane kan twee oë nóg huil?
Hoeveel gebede van red kan 'n stemband nóg spreek?
Hoeveel langer moet 'n hart nóg hoop op iets wat ek nie ontvang nie.
Dis alles net onbeantwoorde vrae,
Gedagtes van pyn,
En my laaste hoop vir môre,
Dat God my sal optel en deur die dag sal dra.
Deur: Annestashia Willemse
Lees ander gedigte deur Annestashia Willemse
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Maangodin
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.