Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hy sit met die deur oop om die see te kan hoor
maar wind skarrel sy papiere van die tafel af.
Swart koffie het al koud geword
van te veel dink en vergeet om te praat.
Vat ʼn bietjie hier, los ʼn bietjie daar
en die Grootberg luister stomstil
as hy onverstaanbaar kla.

Die hart klou aan sy deernis vas
soos swartmossels tros aan ʼn laagwaterrots.

Skeef hang die maan vol geel safraan
en agter die berg kraai ʼn townshiphaan.
Handjies klap, koekies bak
more gaan ons ouma toe,
maar die lui slang lê in die voetpad
waar ons netnoutjies moet loop.

Die hart klou verniet aan sy deernis vas
want die riffelkantmes sny die mossels los.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wa is jy ?
Pragtig - soos altyd baie beskrywend
Hoe gaan dit ?

LL
8 jaar 3 maande 3 weke 18 ure oud


P
Jip stem saam met Sterstof, flippen nice
8 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud


Sjoe,
Hierdie woorde het my geruk. Beslis 'n gunsteling. Helder beelde wat by my gaan spook.

Ek wonder hoekom dinge so is/moet wees. Ek wens dit was nie.
8 jaar 9 maande 2 weke 23 ure oud


.
Definitief een vir weer en weer lees.
Uitstaande werk!
8 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


Hoor hoe huil die wind
Die hart klou aan sy deernis vas
soos swartmossels tros aan ʼn laagwaterrots.

Pragtig - Het lank laas van jou werk gelees, maar elkeen daarvan wat ek al gelees het, is diep en baie goed geskryf. Kan baie van jou leer - sal geniet om 'n bundel van jou werk te lees.
8 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


: Hoor hoe huil die wind
Ek moes inloer om jou mee te deel dat die een hard met my praat, al praat ek deesdae maar min terug.
Beautifull hartseer.
8 jaar 11 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


=)
hartseer... diep. baie goed gedoen.
9 jaar 1 dag 22 ure oud


hoor hoe huil die wind
wonderlik mooi met `n tikkie weemoed daarby!
9 jaar 4 dae 14 ure oud


die maan
dis vir lees en weerlees en weer...
ek sien die saffraanmaan teen die hoogte hang
9 jaar 15 ure oud


Hoor hoe huil die wind
So meesleurend-aangrypend hierdie gedig!

"...Die hart klou verniet aan sy deernis vas
want die riffelkantmes sny die mossels los..."

En ek sien ook die Riffelkatmes se sens iewers in die donker se bang...

En ek het die wind se huil gehoor...
9 jaar 4 dae 15 ure oud


wind
Horie maar dis mooi, so weemoedig en hartseer. Half wanhopig. Ek het die een baie geniet
9 jaar 1 week 1 dag 19 ure oud


swartmossels
Die woord 'weemoedig' word hier knap uitgebeeld.
9 jaar 1 week 2 dae 12 ure oud


weemoed
ek ervaar die riffelkantmes se naderkoms deur die gedig en hoor die wind wat huil. jou gedig ontroer my.
9 jaar 1 week 2 dae 15 ure oud


Hoor hoe huil die wind
....en ek hóór hoe huil die wind...
Baie goed geskryf!
9 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud


Hoor hoe huil die wind
Jy het dit nou maar eenmaal: die talent om fyn waar te neem en dan met (relatief) min woorde my van komplimentwoorde te ontneem en om iets so raak te beskryf. 'n Gedig wat fyn-fyn huiwer tussen die ervaring van hoop en wanhoop. Puik - soos altyd.
9 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud


Deernis
Sielsmooi!
9 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud


Hoe mooi!
9 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar