Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy stem is die ou koerant
wat fladder in die wind
sy hart die ligte flikkering
van elke straatligkind

hy is spatsels langs die pad -
graffiti teen die muur
van verkeer wat verbyflits
in die spitstyd van die uur

hy roep deur donker stegies
van die nanag se geraas
sy kreet word weer maar stil
as die dag sirene blaas

hier en daar stop iemand -
luister half verward

maar die kind wat roep
bly 'n vae gewaarwording
van die stad se maling
wat net wyer en wyer kring.

© C. Potgieter 2014-11-18



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hoor jy die kind
dis hartseer. dis werklik.
goed geskrywe!
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 23 ure oud


.
Baie goed geskryf ...
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Kind
Pragtige skildery

Also wesenlik

10/10
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


die weervoorspelling
goeie werk.veral jou eerste twee strofes.
5 jaar 2 maande 1 week 5 dae oud


Wrintiewaar!
Hierdie gedig dop my binnekant om. Sjoe! Dis séér. En dis werlik woordkuns.
5 jaar 2 maande 1 week 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar